Deo VaventeGod se Wil sal heers!

                           God's Will Shall Reign!

AMANDA LE ROUX

Amanda le Roux vorm al vir ’n paar jaar deel van Standerton se Leraarsforum waar sy verantwoordelik is vir die koördinering van verskeie Gebedsaksies en -toerustingsgeleenthede.

Vir die afgelope 18 jaar is sy reeds sameroeper, fasiliteerder en visie-draer van die Gebedsnetwerk in Standerton. Met haar passie vir gebed en verlange na herlewing, nie net in hierdie gemeenskap nie, maar ook vir ons land as geheel, is sy deel van die leierskap van die Mpumalanga-Gebedsnetwerk wat landwye gebeds-aksies lei en veral fokus op die Hertoewyding van Suid-Afrika aan God.  Met die ondersteuning van haar man, Barend, is Amanda op 24 Augustus 2014, deur ons Leraarsforum afgesonder en uitgestuur vir die taak van Gebedsbediening, -evangelisasie, toerusting, en die mobilisering van Bidders regdeur ons hele gemeenskap.

Op versoek van die Leraarsforum is sy verantwoordelik vir die Gebedskool wat in Junie 2014 begin is. Die doel met gebedsopleiding is effektiewe en gefokusde gebed vir ons dorp, die Kerk, al die Leraars, en om ’n aktiewe Gebedspan in elke Gemeente op te rig.  Sodoende word die Kerk ’n “Huis van Gebed” wat duidelik Vader se hartklop is, en die pad na herlewing word gebaan deur God se heerlikheid en teenwoordigheid wat herstel.