07 tot 14 September 2014
Liewe Gebedsvriende
1) Sondagaand, 07 Sep 2014 om 18:00 begin ons 24/7 gebedsmuur waar ons vir 7 dae aaneen gaan bid vir herlewing in ons dorp en land. Hierdie is nie net ‘n oproep om ‘n muur van geregtigheid te bou vir ons dorp nie maar ook om natinaal en internasionaal God aan te roep vir herlewing. Indien jy nog nie ‘n uur per dag gekies het om te bid nie wil ons jou aanmoedig om dit te oorweeg en jou naam en die uur wat jy gelei voel om te bid vir ons deur gee. Baie sterkte aan almal wat op die muur van geklim deel vorm van die uitroep na God vir herlewing mag jy Heilige Gees nuut beleef en ontmoet.
As deel van die 24/7 gebedsmuur het die manne wat bid gelei gevoel om elke oggend (Maandag tot Vrydag) van 6:00 tot 7:00 op die kop te gaan bid. Ons kom dan 5:30 voor Kasselman se kantore saam en vertrek stiptelik 5:45. Ons wil graag soveel as moontlik bidders uitnooi om God so saam aan te roep vir herlewing.
Vind aangeheg ‘n gebedriglyn vir die uur wat jy gaan bid.
2) Onthou ook die gebedsopleiding wat elke Donderdagaand 18:45 vir 19:00 – 20:00 by Replika se saal aangebied word.
3) Ons volgende gesamentlike gebed sal D.V. 16 September, 18:45 by die skougronde wees.
4) Nooi asb soveel as moontlik kinders van God om deel te word van Sy hartklop vir ons dorp om saam te bid en Hom aan te roep vir herlewing – eenheid in liefde en geloof wat die wereld na Hom sal aan trek. Deur ons verskille op sy te skuif en Jesus se naam te verhoog kan Hy die wereld na Hom toe trek – Joh 12:32 & 17:21, 23. Mag God eenheid vind in die kerk in Standerton en Sy seen gebeid oor ons!
Aan die begin van die jaar het Heilige Gees met ons gepraat oor ‘n Goddelike en uitstorting van Heilige Gees ingryping wat van Oktober 2014 gaan plaasvind. Hierdie woord is nou verskeie kere deur intercessors in ons land, sowel as internasionale gebednetwerk bevestig. Mag ons Koning geloof in gebed vind wanneer Hy terugkeer om Sy Bruid te kom haal - Lukas 18:8
Standerton4Jesus – ons staan saam in geloof en liefde vir God